Soorte resepte:

Sakpasresep: Maklike mengelmoes

Argieffoto (Foto: dh_creative/Pixabay)

Ons almal beleef daardie dae dat daar net geen kreatiwiteit aan die dag gelê kan word om honger mae te vul nie. Hier is ʼn lekker, maklike en goedkoop idee om ʼn eenskottelgereg met min moeite te skep.

Bestanddele

  • 1 k koeskoes (rys kan ook gebruik word)
  • 1 blikkie gemengde groente
  • 1 blikkie tuna (vervang die tuna met boeliebief of oorskietvleis)
  • mayonnaise na smaak

Metode

  1. Berei die koeskoes (of rys) voor volgens die aanwysings op die pakkie.
  2. Voeg die gemengde groente en tuna by en meng.
  3. Voeg mayonnaise na smaak by.

Wenk van die week: Beplan maaltye vooruit. Stel daarvolgens ʼn inkopielys saam en moenie daarvan afwyk nie. 

Het jy ʼn lekker sakpasresep?

Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!

Stophonger-logo.jpg24% kleuters kry nie saans kos nie.*

Wil jy tot Helpende Hand se #StopHonger-veldtog bydra om die nood van behoeftige kleuters te verlig?
SMS die woord STOP na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

Die resep is verskaf deur Eugene Lottering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.