Soorte resepte:

Sakpasresep: Marina se mieliesoufflé

Marina Barkhuizen, onderwyseres van Westonaria, het gesorg vir dié week se sakpasresep. Dit is ʼn maklike en goedkoop resep. Die resep kan aangepas word na gelang van die hoeveelheid mense. Sy het al die gereg gemaak in oondbakke vir geleenthede by die skool of familie-saamtrekke. Die resep word net elke keer verdubbel. Dit is boonop ʼn heerlike bykos saam met braaivleis.

Ongeveer 4 mense kan hiervan eet.

Bestanddele

  • 1 blikkie roommielies
  • 1 eier
  • 1 k melk (die melk kan vervang word met ʼn blikkie ingedampte melk of selfs ʼn blikkie room)
  • ½ k suiker (die suiker kan ook aangepas word na smaak)
  • 1 e vlapoeier

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng al die bestanddele saam.
  3. Voer ʼn oondvaste bak uit met margarien en gooi die mengsel in die bak.
  4. Plaas ʼn paar klontjies botter of margarien bo-op die beslag.
  5. Plaas in oond en bak vir ongeveer een uur.

Wenk van die week: Jy kan spinasie weer laat herlewe deur die stingels af te sny en die blare in water te week. Onthou net, teen die tyd wat dit begin verwelk, is die meeste van die vitamiene reeds verlore.

Het jy ʼn lekker sakpasresep?

Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!


Stophonger-logo.jpgHet jy geweet? Meer as 40% van die kleuterskole wat deel uitgemaak het van die navorsing, kan nie bekostig om meer as een maaltyd te bied nie.*

Wil jy tot Helpende Hand se #StopHonger-veldtog bydra om die nood van behoeftige kleuters* te verlig?

SMS die woord STOP na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.