Soorte resepte:

Sakpasresep: Pasta met tuna

pasta_glashouers_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Met pasta kan jy baie honger magies vul. Dié resep kan jy ook lekker aanpas na gelang van jou begroting. Die tuna kan selfs vervang word met oorskiet hoender.

Bestanddele

  • 500 g pasta
  • 1 blikkie tuna of boeliebief
  • 1 blikkie groenmielies of ertjies
  • mayonnaise na smaak

Metode

  1. Kook die pasta volgens die instruksies op die pak.
  2. Sodra die pasta gaar is en ʼn bietjie afgekoel het, gooi alles bymekaar en meng.

 Wenk van die week: Gebruik die sous van blikkiesgroente in sop of souse.

Het jy ʼn lekker sakpasresep?

Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!

Stophonger-logo.jpgKleuters verloor tot 8% van hulle liggaamsmassa as hulle nie op ʼn voedingsprogram is nie*

Wil jy bydra om die nood van behoeftige kleuters te verlig?
SMS die woord “STOP” na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

Die resep is verskaf deur Helpende Hand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.