Soorte resepte:

SA’ners soek dié resepte vanjaar die meeste aanlyn

Google het ʼn lys van resepte bekendgemaak waarna Suid-Afrikaners vanjaar die meeste gesoek het op dié soekenjin.

Google maak jaarliks dié lys bekend om te wys waarna elke land die meeste soek. Maroela Media het vroeër ook berig oor die mees gesoekte terme op Google vir 2019.

Die mees gesoekte resep vanjaar op Google is nie wat mens sal verwag dit sal wees nie. Geen melktert of koffiekoek in sig nie! As jy ʼn lekker resep vir een van dié geregte het, kan jy vir ons hier aanstuur.

Hier is Google se volledige lys:

  1. Martini
  2. Gepekelde vis
  3. Lasagne
  4. Hoenderbredie
  5. Spaghetti bolognese
  6. Hoender à la king
  7. Beesbredie
  8. Hot cross buns
  9. Hoenderpastei
  10. Hummus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.