Soorte resepte:

SA’ners soek in 2018 dié resepte aanlyn

Beesstert (Foto: Lapa-uitgewers)

Suid-Afrikaners hou dalk baie van potjiekos, koeksisters en melktert, maar vanjaar was hulle die meeste geïnteresseerd in beesstert.

Google stel aan die einde van elke jaar ʼn lys van die mees gesoekte terme onder Suid-Afrikaners bekend, waarin die mees gesoekte resepte ook voorkom. Dit lyk of Suid-Afrikaners vanjaar ʼn soettand ontwikkel het, nadat in verlede jaar se mees gesoekte resepte nie een soetding was nie, is daar vanjaar vier!

Hier is die top-10 gewildste resepte wat Suid-Afrikaners aanlyn soek.

As jy lus is om een van hierdie geregte te maak, hoef jy dit nie eens op Google te gaan soek nie! Volg eenvoudig die skakel by die gereg se naam, en geniet dit.

  1. Beesstert. Kry ʼn resep hier.
  2. Koekresepte. Kry ʼn resep hier.
  3. Skemerkelkies. Kry ʼn resep hier.
  4. Botterskorsieresepte. Kry ʼn resep hier.
  5. Slaaie. Kry ʼn resep hier.
  6. Roerbraairesepte. Kry ʼn resep hier.
  7. Koekies. Kry ʼn resep hier.
  8. Maklike nageregte. Kry ʼn resep hier.
  9. Patats. Kry ʼn resep hier.
  10. Hoender borsieresepte. Kry ʼn resep hier.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

D P ·

Beesstert het so gewild by potjiekos mense geword dat die snit glad nie meer ‘n
Bekostigbare vleis geword het nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.