Suid-Afrikaners hou dalk baie van potjiekos, koeksisters en melktert, maar vanjaar was hulle die meeste geïnteresseerd in beesstert.
Google stel aan die einde van elke jaar ʼn lys van die mees gesoekte terme onder Suid-Afrikaners bekend, waarin die mees gesoekte resepte ook voorkom. Dit lyk of Suid-Afrikaners vanjaar ʼn soettand ontwikkel het, nadat in verlede jaar se mees gesoekte resepte nie een soetding was nie, is daar vanjaar vier!
Hier is die top-10 gewildste resepte wat Suid-Afrikaners aanlyn soek.
As jy lus is om een van hierdie geregte te maak, hoef jy dit nie eens op Google te gaan soek nie! Volg eenvoudig die skakel by die gereg se naam, en geniet dit.
- Beesstert. Kry ʼn resep hier.
- Koekresepte. Kry ʼn resep hier.
- Skemerkelkies. Kry ʼn resep hier.
- Botterskorsieresepte. Kry ʼn resep hier.
- Slaaie. Kry ʼn resep hier.
- Roerbraairesepte. Kry ʼn resep hier.
- Koekies. Kry ʼn resep hier.
- Maklike nageregte. Kry ʼn resep hier.
- Patats. Kry ʼn resep hier.
- Hoender borsieresepte. Kry ʼn resep hier.
Wat is nommer 9?
Soetpatats.
Klomp lekker.
Beesstert het so gewild by potjiekos mense geword dat die snit glad nie meer ‘n
Bekostigbare vleis geword het nie.