Soorte resepte:

Singende kelner-ervaring in die hartjie van Pretoria

Gaste geniet 'n verwelkomingsdrankie voor die ete. (Foto: Werner Bezuidenhout)

Gaste geniet ‘n verwelkomingsdrankie voor die ete. (Foto: Werner Bezuidenhout)

Die LeSi Restaurant is ʼn gesellige eetplek wat gevestig is op dieselfde perseel as die alombekende Blou Hond-teater by Casa Toscana in Lynnwood in Pretoria.

Dié restaurant bied nou ʼn singende kelner-ervaring vir gaste wat daarvan hou om vermaak te word terwyl hulle aan ʼn smaaklike ses-gang-maaltyd smul.

Die kunstenaars voer liedjies in ʼn wye spektrum van genres uit en ʼn paar van hulle is reeds bekend onder die publiek danksy hul deelname aan sangkompetisies soos The Voice SA.

“LeSi bied ʼn unieke ervaring wat nie elders in Suid-Afrika te vinde is nie. Die kelners loop as’t ware tussen die gaste deur en trek dan, sonder waarskuwing, los met die mooiste en bekendste liedjies – en daar is iets vir almal,” sê Janis Ellis, bemarkingsbeampte vir die restaurant.

Die restaurant spog met 'n wynlys met meer as 150 wyne. (Foto: Werner Bezuidenhout)

Die restaurant spog met ‘n wynlys met meer as 150 wyne. (Foto: Werner Bezuidenhout)

LeSi Restaurant se wêreldklas-sjef maak seker dat al die gaste die heel beste disse proe tydens hierdie unieke geleentheid, terwyl die kelners die grootste treffers in musiek uitvoer.

Daar word met elke funksie nuwe produksies aanmekaargesit om te verseker dat geen twee aande dieselfde is nie.

Die restaurantarea is privaat en bied ʼn unieke atmosfeer met ʼn kaggel. Die area is  smaakvol versier in ʼn klassieke romantiese tema, maar kan ook opgestel word om enige tema of dekorstyl te pas.

Die restaurant se kontinentale spyskaart is ontwerp deur ʼn span passievolle sjefs wat smake en geure van reg oor die wêreld inkorporeer. Geen maaltyd is volledig sonder ʼn goeie wyn om die ete te komplimenteer nie en daarom bied LeSi Restaurant ʼn wynlys wat meer as 150 wyne vanoor die wêreld insluit. Dié wynlys is met ʼn goue Diners Klub Wyn-toekenning vereer.

Om ʼn bespreking te maak vir ʼn singende kelner-funksie, skakel die restaurant by 012 348-8820 of besoek die webwerf vir aanlynbesprekings.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

elize ·

Hier in die Kaap is daar ook n restaurant met singende kelners,Stardust…..Beautiful mense en kos!!

Tammy ·

Lekker, man lekker, gesellig ek vergeet sommer van al die grillerige gebeure in ons land!! d

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.