Soorte resepte:

Resep: Avokado-en-salmslaai

Dié slaai is ʼn groot bederf!

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 x 400 g-blik pienk salm
  • 3 e (45 ml) fyngekapte seldery
  • 2 hardgekookte eiers, in skywe gesny
  • 4 e (60 ml) tuisgemaakte of gekoopte mayonnaise
  • 2½ t (10-12 ml) matige kerriepoeier
  • slaaiblare van jou keuse
  • 2 ryp avokado’s
  • suurlemoensap
  • knippie fyn paprika as garnering

Metode

  1. Dreineer die salm en pluis dit met ʼn Voeg die seldery en eiers by die salm en meng dit liggies deur.
  2. Meng die mayonnaise en kerriepoeier in ʼn aparte bakkie tot romerig.
  3. Skep die mayonnaise oor die salm en meng dit liggies deur. Bedek dit met kleefplastiek en verkoel tot nodig.
  4. Rangskik die slaaiblare op ʼn opdienbord en hou eenkant.
  5. Halveer die avokado’s, verwyder die pitte en trek die skille versigtig af. Verf van die suurlemoensap oor die avokadohelftes om te verhoed dat dit verkleur.
  6. Vul die avokadohelftes met die salmmengsel en rangskik dit op die slaaiblare.
  7. Strooi die paprika oor en dien dit dadelik op.

Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.