Soorte resepte:

Resep: Beet-, bessie- en fetaslaai

Beet,-bessie en fetaslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Probeer dié slaai eerder as jou gewone mengelslaai.

Bedien 4-6

Bestanddele

  • 750 g beet
  • 1x 80 g pakkie roket- of bronkorsblare
  • 100 g frambose
  • 125 g Clover Black Pepper- fetakaas, in blokkies gesny
  • 2 t (10 ml) Dijon-mosterd
  • 2 t (10 ml) heuning
  • 2 e (30 ml) balsamiese asyn
  • ¼ k (60 ml) Clover Krush- bessiesap
  • 2 e (30 ml) olyfolie
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 3 e (45 ml) amandelvlokkies of dennepitte, gerooster

Metode

  1. Draai elke beet toe in foelie en rooster op die braai of in ʼn warm oond tot sag.
  2. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Vryf die skille af sodra dit koel genoeg is om te hanteer en sny die beet in wiggies.
  3. Rangskik die roket- of bronkorsblare op ʼn opdienbord, gevolg deur die beetskyfies, frambose en fetakaas.
  4. Klits die mosterd, heuning, asyn, bessiesap en olyfolie saam en geur met sout en peper.
  5. Bedruip slaai met die slaaisous en rond die slaai af met amandelvlokkies of dennepitte. Sit dadelik voor.

Bron: Gunsteling Braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.