4 porsies
Bestanddele
- 600 g boerewors
- bietjie olie
- 1 ui, gekap
- 5 ml vars knoffel, gekap
- 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
- 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
- 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
- 3 sprietuie, gekap
- 1 hoenderaftrekselblokkie, gekrummel
- 500 ml kookwater
- 10 ml olie
- 500 ml koeskoes
Metode
- Verhit ʼn braaipan en braai die wors in ʼn bietjie water tot gaar. Moenie ekstra olie gebruik nie.
- Laat die wors afkoel en sny in happiegrootte stukkies.
- Verhit ʼn bietjie olie in ʼn ander braaipan en soteer die ui en knoffel tot die ui sag is.
- Voeg die sampioene by en soteer tot net gaar.
- Voeg die soetrissies by en roerbraai vir twee minute. Die soetrissies moenie sag wees nie. Voeg die sprietuie by en verwyder van die hitte.
- KOESKOES: Los die hoenderaftrekselblokkie in die kookwater op en roer die olie by.
- Roer die koeskoes by die warm hoenderaftreksel. Plaas ʼn deksel bo-op en laat dit vir 10 minute staan tot die koeskoes goed uitgeswel is.
- Roer die koeskoes met ʼn vurk tot dit los van mekaar
- Meng die koeskoes liggies by die worsmengsel. Moenie te veel roer nie, anders lyk dit deurmekaar.
- Sit by kamertemperatuur voor.
Uit: Beste uit Vrouekeur, Marlo Kitshoff Carstens, Lapa-uitgewers
Nee wat al wat n mengsel word deesdae opgedis as spesiaal . Lyk glad nie lekker nie. Nie vir my nie, dankie.
Ek stem lyk maar vaal verby. En vandag se gekoopte wors…..nee dankie. Ons maak ons eie “dankbaar” daarvoor om dit te kan doen. Geen gekoopte wors of maalvleis oor my lippe nie. Jig