Soorte resepte:

Resep: Kerriepastaslaai

Skroefpasta (Foto: Pixabay)

ʼn Kerriepastaslaai is darem net die ideale bykos saam met braaivleis. Beproef die naweek dié een.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 400 g fusilli- of skroefpasta
  • 1 e (15 ml) Clover Springbok-botter
  • 1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 2 t (10 ml) fyngerasperde vars gemmer
  • 2 t (10 ml) matige kerriepasta
  • 2 e (30 ml) vrugteblatjang
  • ¼ k (60 ml) Clover Krush- tropiese vrugtesap
  • ¾ k (180 ml) mayonnaise van goeie gehalte
  • 1 k (250 ml) Clover-suurroom
  • ½ x 410 g-blikkie appelkooshalwes, gesny; of 1 mango, afgeskil en gekap
  • ¼ k (60 ml) sultanas
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en gesny
  • 1 selderystingel, gesny
  • 2 e (30 ml) geskeurde vars koljanderblare

Metode

  1. Maak die pasta gaar volgens die verpakking se aanwysings. Dreineer en hou eenkant.
  2. Smelt die botter in ʼn pan en braai die uie liggies vir 3-4 minute. Voeg die knoffel en gemmer by en kook vir 2 minute. Roer die kerriepasta deur en kook vir 1 minuut.
  3. Skep die mengsel in ʼn groot mengbak en roer die blatjang, vrugtesap, mayonnaise en suurroom deur.
  4. Vou die warm, gedreineerde pasta by die sous in en geur met sout en peper. Roer die oorblywende bestanddele by (hou ʼn bietjie van elke bestanddeel eenkant vir garnering).
  5. Rangskik in ʼn opdienbak en garneer met die oorblywende bestanddele.

Bron: Gunsteling Braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.