Soorte resepte:

Resep: Tamatieslaai

(Foto: Pixabay)

Dié tamatieslaai is kraakvars en blitsvinnig om te maak!

6 porsies

Bestanddele

  • 500 g ryp, ferm tamaties
  • 3 e ( 45 ml) olyfolie
  • 1 e (15 ml) druiweasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 knoffelhuisie, gekap ( opsioneel)
  • 1 t (5 ml) droë basiliekruid
  • 1 klein ui of 3 sprietuie, fyngekap

Metode

  1. Sny die tamaties in skywe en hou eenkant.
  2. Meng die olie, asyn, sout, peper, knoffel en basilie in ʼn slaaibak. Klits die sous deeglik sodat dit goed meng.
  3. Voeg die tamatieskyfies en ui of sprietuie by die sous. Meng alles liggies deur en verkoel tot benodig.

Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch

Uitgewers: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Slaaie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Paul phillipus ·

Ek wil soek werk met meginiese passiers en election study word. Ek het werk met megniese passiese en ketelmerk. Dink ek wil studies AD/CD Motors word. Of SA Clover megniese passiers werk dagwerk of nagmarrie. Alle werk doen. On

Koos1 ·

Ek het nerens in die resep gelees van brandewyn en tequila nie, Paul?

Mornay ·

Koos 1 jy het nou net my blou maandag gemaak met n lekker lag

Sterkte Paul met die werk soek

Gerda ·

Ek het regtig nie gedink ek sal ooit in my lewe ‘n resep sien vir tamatieslaai nie.
Jy sny tamaties en gooi sout en peper oor…

SNEL ·

Ja Gerda, my eerste gedagte ook. Ek dag dit is soos asem haal, dit kom sommer so spontaan en almal weet hoe. Paul, ek weet nie met die Griekse geskryf of jy werk soek nie, maar ek hoop regtig as dit n hulpgeroep is dat die Here iemand sal stuur wat vir jou n deur sal oopmaak en vir jou n geleentheid gee.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.