Soorte resepte:

Resep: Warm baba-aartappelslaai

Foto: (Pixabay)

Maklik, vinnig en perfek saam met braaivleis.

Genoeg vir 6-8 mense

Bestanddele

  • 1 kg baba-aartappels
  • 2 e (30) Clover Springbok-botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ½ k (125 ml) goeie gehalte mayonnaise
  • 1 k (250) Clover-room, geklop
  • 5 sprietuie, dun gesny
  • 2 t (10) gesnipperde grasuie
  • ½ t (2 ml) rooipeper

OPSIONELE EKSTRAS

  • 4 agurkies, gesny
  • 6 repe spek, gebraai en gekrummel

Metode

  1. Kook die baba-aartappels in ʼn kastrol water tot net­net sag en dreineer.
  2. Sny die warm aartappels in die helfte en roer die botter deur sodat die aartappels met botter bedek is. Geur met sout en peper na smaak.
  3. Meng die mayonnaise en geklopte room saam. Voeg die warm aartappels by en meng.
  4. Laat die aartappelslaai tot kamertemperatuur afkoel en strooi die sprietuie, grasuie en rooipeper bo-oor. Rond die slaai af met agurkies en spek (opsioneel).

    Bron: Gunsteling BraairesepteUitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.