Soorte resepte:

Slim spyskaart vir moeilike kinders

The Deli at Mansion in Pennsilvanië, VSA se slim kinderspyskaart

The Deli at Mansion in Pennsilvanië, VSA se slim kinderspyskaart

Ouers weet presies hoe groot frustrasie dit kan wees wanneer kinders nie wil eet nie. Een restaurant het met ʼn slim idee vorendag gekom.

Die Reddit-gebruiker nabced het onlangs ʼn foto van The Deli at Mansion se kinderspyskaart op dié sosialemedianetwerk gedeel. Dié deli in Altoona, Pennsilvanië in die VSA, het hul geregte vernoem na kinders se gewilde sêgoed.

Die spyskaart sluit die volgende opsies in:

“Ek weet nie”: Warmbrak met skyfies
“Ek gee nie om nie”: Hoenderstukkies met skyfies
“Ek’s nie honger nie”: Kaasbroodjie met skyfies
“Ek wil nie dit hê nie”: Visvingers met skyfies

Wat sou jou kind se gunstelinggereg wees?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.