Soorte resepte:

Jan Ellis poeding

Hierdie poeding, wat baie soortgelyk is aan malvapoeding, was glo een van die rugbylegende Jan Ellis se gunstelinge. Ons deel dit ter herdenking aan Jan…

Bestanddele
1 teelepel koeksoda
375ml bruismeel
125ml suiker
Knippie sout
125ml melk
2 eiers
25ml sagte botter
30ml appelkooskonfyt

Meng al die bestanddele saam en gooi in ‘n gesmeerde oondpan. Bak dit teen 180 grade Celcius vir 30 minute, tot dit goudbruin is.

Sous:
250ml warm water
250ml room
150ml botter
250ml suiker
5ml vanieljegeursel

Verhit al die bestanddele effens saam in ‘n pot. Wanneer die nagereg uit die oond kom, gooi die warm sous oor. Laat staan tot die poeding al die sous geabsorbeer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.