Soorte resepte:

Kamma-kaaskoek (Jogurt- en kondensmelktert)

Moira-Marie Kloppers stuur vir ons hierdie heerlike en maklike resep. Sy vertel:

“Ek het hierdie resep eendag op die radio gehoor en toe aangebied om dit vir Kersfees as nagereg te maak. Niemand het gedink dat dit ooit kan werk nie – hoe sal die poeding dan nou styf word? Gelukkig werk hierdie resep soos ‘n bom en kan binne vyf minute voorberei word vir onverwagse gaste.”

Bestanddele:
1 Pakkie tennisbeskuitjies (verkrummel)
125 ml gesmeldte botter of margarien
500 ml jogurt (enige geur, aarbei is baie lekker)
1 blikkie kondensmelk
Vrugte (wat by die geur van die jogurt pas) vir versiering

Metode:
Verkrummel die tennisbeskuitjies en voeg die gesmeldte botter of margarien by.
Druk die mengsel in ‘n glasbak (wat in die mikrogolf gesit kan word) om ‘n kors te vorm.
Meng die jogurt en kondensmelk en gooi dit in die bak op die kors.
Sit vir 5 minute in die mikrogolf (hoog) tot die mensel aan die kante borreltjies begin maak. (Wanneer jy dit uithaal sal dit reeds gestol wees omdat die kondensmelk gekook het) Sit die tert in die yskas om af te koel en versier dan met vars vrugte van jou keuse.
Bedien yskoud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Estelle Kleinhans ·

Die maklikste vinnigste tert ooit. Weet nie hoe dit werk nie , maar ek gee nie om nie. Dis heerlik.

Dinah Emmenis ·

Goeie dag

Die resep klink vreeslik maklik en baie lekker, gaan dit verseker probeer, asb indien julle enige ander lekker resepte het stuur aan my

Liefde in Christus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.