Soorte resepte:

Kosblikkie-video: Sjokolade-hawermoutballetjies

Kosblikkie_hawermoutkoekie-1.jpg

Foto: Janie Monsieur

Hier is ʼn lekker vinnige en maklike resep om so af en toe te sorg dat daardie soettand darem bevredig word.

Lewer ongeveer 20 balletjies

Bestanddele

  • 1 k botter
  • 2 k suiker
  • ½ k melk
  • ½ k kakao
  • 2 t vanilla
  • 2 k hawermout
  • 2 k klapper
  • 200 g gedroogte bosbessies of rosyntjies

Metode

  1. Smelt botter, suiker, melk en kakao saam en roer.
  2. Mikrogolf dit nou vir 6 minute en roer elke twee minute goed.
  3. Voeg die vanielje, hawermout, klapper en bosbessies by en meng goed.
  4. Neem lepelsvol beslag in jou hande en rol dit in balletjies. Berg in die yskas.

Wil jy tot Helpende Hand se #StopHonger-veldtog bydra om die nood van behoeftige kleuters* te verlig?
SMS die woord STOP na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

*Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.