Hier is ʼn lekker vinnige en maklike resep om so af en toe te sorg dat daardie soettand darem bevredig word.
Lewer ongeveer 20 balletjies
Bestanddele
- 1 k botter
- 2 k suiker
- ½ k melk
- ½ k kakao
- 2 t vanilla
- 2 k hawermout
- 2 k klapper
- 200 g gedroogte bosbessies of rosyntjies
Metode
- Smelt botter, suiker, melk en kakao saam en roer.
- Mikrogolf dit nou vir 6 minute en roer elke twee minute goed.
- Voeg die vanielje, hawermout, klapper en bosbessies by en meng goed.
- Neem lepelsvol beslag in jou hande en rol dit in balletjies. Berg in die yskas.
Wil jy tot Helpende Hand se #StopHonger-veldtog bydra om die nood van behoeftige kleuters* te verlig?
SMS die woord STOP na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.
*Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18
Resep: Janie Monsieur