Soorte resepte:

Resep: Aarbei-en-perskeroomys

Aarbei-en-perskeroomys (Foto: Lapa-uitgewers)

Jy kan jou eie vrugtige roomys maak!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 250 g aarbeie, ontstingel en gehalveer
  • 1 x 825 g-blik perskeskywe, gedreineer
  • 2 ℓ vanieljeroomys
  • vars vrugte van jou keuse
  • ’n handvol gemengde neute, gekap

Metode

  1. Voeg al die bestanddele saam in ’n smoothie-maker en meng tot glad.
  2. Giet die mengsel terug in ’n roomysbak en plaas dit in die vrieskas vir 1 uur.
  3. Verwyder uit die vrieskas na 1 uur en roer die roomys met ʼn om die yskristalle te breek.
  4. Plaas die roomys terug in die vrieskas vir ten minste 3 uur of oornag sodat dit heeltemal kan vries.
  5. Bedien die roomys saam met vrugte van jou keuse en gekapte neute.

Bron: Soettand deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

Uitgewerk: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.