Soorte resepte:

[Resep] Aarbei-yskastert met Romany Creams

Foto: Lekker en Vinnig

Aarbei-yskastert met Romany Creams. Foto: Lekker en Vinnig

Lewer 18 porsies

Bestanddele:

Kors

  • 400 g (2 pakke) Romany Creams, fyngemaak
  • 75 ml gesmelte botter

Vulsel

  • 385 g (1 blik) kondensmelk
  • 250 g (1 bakkie) geroomde maaskaas
  • 250 ml room
  • 380 g (1 blik) ingedampte melk
  • 125 ml melk
  • 90 g (1 pakkie) aarbeikitspoeding
  • 10 ml gelatienpoeier
  • 45 ml water
  • 10 ml aarbeilikeur

Metode:

  1. KORS: Meng die fyngemaakte koekies met die botter. Druk die koekiemengsel op die bodem en kante van ʼn tertbord met ʼn 28 cm-deursnee vas.
  2. VULSEL: Meng die kondensmelk en maaskaas saam.
  3. Klits die room styf en roer by die kondensmelkmengsel.
  4. Meng die ingedampte melk en melk in ʼn ander mengbak. Voeg die kitspoeding by en klits vir 2 minute tot styf. Roer by die kondensmelkmengsel.
  5. Spons die gelatien in water en verhelder oor kookwater tot glad. Klits vinnig by kitspoedingmengsel.
  6. Roer die likeur by.
  7. Skep die vulsel in die koekiekors en plaas in die yskas tot gestol.

Variasie: 

Jy kan enige ander geur kitspoeding gebruik met ʼn likeur wat daarby sal pas.

Bron: Lekker en Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vinnig en maklik, Resepte uit Vrouekeur 3, Marlo Carstens

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Amber ·

Njammies!! Lekker tert vir die somer.
Maroela, waar is die winterpoedings vir die koue?
Ek is mal oor n gebakte gemmerpoeding.

Blom ·

Ek het nog nooit met gelatien gewerk nie. Is daar iemand wat vir my kan verduidelik hoe om te maak met hierdie resep asb?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.