Soorte resepte:

Resep: Appelkoos-en-lemoen gestoomde sponspoeding

Appelkoos-en-lemoen gestoomde sponspoeding (Foto: Gunsteling poedings, Lapa)

Bak? Watwou! Probeer hierdie gestoomde poeding.

4-6 porsies

Bestanddele

APPELKOSE

  • ½ k (250 g) appelkose, ontpit en gehalveer
  • 2 e (30 g) strooisuiker
  • ¼ k ( 60 ml) gouestroop
  • fyngerasperde skil van 1 lemoen
  • ⅓ k (80 ml) Clover Krush 6 Fruit and Fibre-sap

POEDING

  • ½ k (115 g) sagte Clover Mooi River-botter, plus ekstra om mee te smeer
  • ½ k (80 g) strooisuiker
  • 1 vanieljepeul, gehalveer en pitjies uitgekrap
  • 2 eiers
  • fyngerasperde skil van 1 lemoen
  • ¾ k (105 g) bruismeel
  • ¼ k (60 ml) Clover Fresh 2%-laevetmelk

Metode

APPELKOSE

  1. Meng die appelkose, suiker, stroop, lemoenskil en vrugtesap in ʼn kastrol.
  2. Prut liggies oor lae hitte vir 10 tot 15 minute tot die vrugte sag is. Laat eenkant om af te koel.
  3. Smeer ʼn diep, 1 ℓ-poedingbak of ses 150 ml-dariole-vorms met die oorblywende gesmelte botter.
  4. Skep ʼn laag van die vrugte op die bodem van die poedingbak of verdeel dit tussen die individuele vorms.

POEDING

  1. Kits die botter, suiker en vanieljepitjies met ʼn elektriese klitser tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Roer die lemoenskil deur.
  2. Sif die meel oor die mengsel en vou dit om die beurt met die melk in.
  3. Skep die beslag oor die appelkose. Maak ʼn bakpapierkraag stewig om die poedingbak of individuele vorms vas. Vorm eers ʼn lus oor die poeding om ʼn handvatsel te vorm voordat dit vasgemaak en die tou afgeknip word. Sny enige oorskietbakpapier netjies af.
  4. Plaas die poedingbak of individuele vorms in ʼn groot kastrol en vul die kastrol tot twee-derdes vol water.
  5. Bedek en stoom vir 90 minute (poedingbak) of 50 tot 60 minute (individuele vorms). Laat die poeding vir 5 minute afkoel en keer op ʼn dienbord uit. Sit met vla voor.

Bron: Gunsteling poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Seker so Carel Kat, maar n mens kort ook n bederfie van tyd tot tyd. Eet gesond in die week en maak die jou Sondag bederfie ?, en dan klim jy maar weer op die reg-eet-wa Maandag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.