Ietsie lekkers vir die week wat voorlê. ʼn Mens kort soms ʼn bietjie ekstra energie …
Lewer 48 porsies
Bestanddele:
- 300 g (5 stafies) Bar-One-stafies
- 60 ml gouestroop
- 200 g botter
- 6 x 250 ml Rice Krispies
- 300 g melk- of witsjokolade
Metode:
- Smelt die Bar-One-stafies, stroop en botter saam oor lae hitte in ʼn groot kastrol. Roer tot glad en verwyder van hitte.
- Roer die Rice Krispies by en druk die mengsel in ʼn reghoekige bakplaat vas. Plaas in die yskas om te stol.
- Smelt die sjokolade in die mikrogolf teen 70% krag. Roer tot glad en skep bo-oor die Rice Krispies. Plaas terug in die yskas.
- Sny in blokkies.
Bron: Lekker en Vinnig – Lekkers
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vinnig en Maklik Resepte uit Vrouekeur 3, Marlo Carstens