Soorte resepte:

[Resep] Basaarpoeding

Basaarpoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Die verskillende kleure van die jellie laat mens dink aan die pragtige lenteblomme. Slaan hierdie resep bymekaar en vier sommer heel naweek lank die lente!

Bestanddele:

  • 2 x 80 g (2 pakkies) rooi jelliepoeier
  • 2 x 80 g (2 pakkies) groen jelliepoeier
  • 4 x 250 ml kookwater
  • 4 x 250 ml koue water
  • 6 x 80 g (6 pakkies) geel jelliepoeier
  • 6 x 250 ml kookwater
  • 2 x 380 g (2 blikke) ingedampte melk, verkoel
  • 2 x 385 g (2 blikke) kondensmelk
  • 2 x 410 g (2 blikke) vrugteslaai of fyn pynappel

Metode:

  1. Maak die rooi en groen jellie apart aan met 250 ml kookwater en 250 ml koue water per pakkie. Laat stol dit oornag.
  2. Meng die geel jellie met die kookwater en laat dit staan tot dit begin verdik.
  3. Klits die ingedampte melk styf en voeg die jellie en kondensmelk by. Vou die vrugte in.
  4. Sny die rooi en groen jellie in blokkies en vou dit versigtig in. Hou ʼn paar blokkies vir versiering bo-op. Laat die poeding in die yskas stol.

Bron: 50 Boerekos-geregte

UitgewerLapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Arsène Lupin ·

Dit lyk heerlik, maar baie duur om te maak. Ek neem aan dat hierdie poeding vir ‘n groot aantal mense is? (rede dat dit basaarpoeding genoem word).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.