Soorte resepte:

Resep: Dadel-en-pekanneutballetjies

Dadel-en-pekanneutballetjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Heerlik en vinnig!

Lewer ongeveer 20 balletjies

Bestanddele

  • 125 g (¼ blok) Clover Farmstyle-botter
  • 250 g (1 pakkie) dadels, ontpit en fyn gekap
  • 385 g (1 blik) Clover-kondensmelk
  • 180 g pekanneute, grof gekap
  • 100 g (½ pakkie) Mariebeskuitjies, fyn gedruk
  • 1 eier, geklits
  • 375 ml (1 k) fyn klapper om in te rol

Metode

  1. Smelt die botter en dadels saam in ’n kastrol oor lae hitte tot die dadels sag is.
  2. Verhit die kondensmelk in ’n kastrol en laat dit vir 7 minute (vandat dit begin borreltjies maak) kook totdat dit taai begin word. Verwyder van hitte.
  3. Klits die eier tot gemeng en roer dit vinnig by die warm kondensmelkmengsel in. Roer ook die dadelmengsel, die Mariebeskuitjies en neute by.
  4. Laat dit bietjie afkoel tot hanteerbaar.
  5. Skep teelepels vol van die beslag en rol dit in balletjies.
  6. Plaas die klapper in ʼn bord en rol die balletjies daarin tot goed bedek met klapper.
  7. Berg in die yskas vir tien dae.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pauline ·

Maroela Media; my kommentaar van vroeër is nie geplaas nie en is ook geïgnoreer. Punt 4. en 5. by ‘Metode’ is onvolledig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.