Soorte resepte:

Resep: Dadelvierkantjies

Dadelvierkantjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dadelblokkies soos jou ouma dit gemaak het!

Lewer ongeveer 60 blokkies

Bestanddele

  • 1 kg (4 k) suiker
  • 187 ml (¾ k) melk
  • 125 g (¼ blok) botter
  • 250 g (1 pakkie) dadels, fyngekap
  • 250 ml (1 k) klapper
  • 60 ml (4 e) gouestroop
  • knippie sout
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 1 ekstragroot eier
  • 625 ml (2½ k) Rice Krispies
  • 500 ml (2 k) ekstra klapper

Metode

  1. Verhit suiker, melk, botter en dadels in kastrol tot kookpunt. Roer gereeld.
  2. Laat 10 minute kook. Roer dikwels.
  3. Roer klapper, gouestroop, sout en vanieljegeursel by en laat nog 5 minute kook.
  4. Verwyder kastrol van hitte en roer eier vinnig by. Roer Rice Krispies
  5. Druk mengsel in gesmeerde bak vas.
  6. Plaas in yskas om te stol. Sny in blokkies.

Rol blokkies in klapper en bêre in lugdigte houer.

Bron: Vinnig en maklik. Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elbie Stewart ·

Die hoeveelheid suiker is verwarrend. Kan julle regstel asseblief?

Tania Heyns ·

Dagsê Elbie

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

AP ·

Kan dit reg wees? 4 koppies suiker al die ander resepte wat ek sien is ‘n half koppie strooisuiker of een koppie suiker.

Janie Monsieur ·

Dagsê AP,
Dankie vir jou kommentaar. Dit is sowaar reg, dit is die hoeveelheid wat deur die resepteboek verskaf word.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.