Soorte resepte:

[Resep] Dekadente truffels

Dekadente truffels. Foto: Verskaf

’n Dekadente soet happie vir Paasfees en boonop op ’n gesonde manier!

“Ek maak graag van Gayleen’s Decadence gebruik vir gesondheidsdoeleindes. Om gesond te eet en te leef beteken nie om slegs smaaklose kos te eet nie en met produkte soos hierdie op die mark is dit baie maklik om niks van die lekker prys te gee ten koste van jou gesondheid nie,” skryf sjef Izelle Hoffman.

Hierdie produk is vry van suiwel, preserveermiddels en onnatuurlike kleurmiddels en is versoet met rou heuning.

Dit is by die meeste gesondheidswinkels beskikbaar en sy het ook ’n hele reeks ander produkte beskikbaar.

Sjok-lemoentruffels

Bestanddele:

  • Gayleen’s Decadence Choc Orange-sjokoladesmeer
  • fyngekapte dadels
  • kakao

Metode:

  1. Neem een opgehoopte teelepel van Gayleen’s Decadence Choc Orange-smeer, plaas fyngekapte dadels in die middel van die smeer en rol met die hand in ’n bolletjie totdat die dadels mooi bedek is.
  2. Bedek truffels onmiddellik nadat dit gevorm is met kakao totdat die hele truffel eweredig bedek is. Dit kan gedoen word deur kakao in ’n klein bakkie te gooi en die truffel daarin te rol.
  3. Plaas in ’n lugdigte houer in die yskas vir minstens ’n dag om die truffel kans te gee om behoorlik te set. (’n Lagie kleefwerende papier of kleefwerende baksproei kan gebruik word om die bodem van die houer te bedek sodat die truffels nie vaskleef aan die onderkant nie.)

Sjok-amandeltruffels

Bestanddele:

  • Gayleen’s Decadence-sjokoladesmeer
  • fyngekapte dadels of rosyne
  • fyngekapte amandels
  • eetbare koekversiering (“Edible Cake Dust”, ek het silwer gebruik)

Metode:

  1. Neem een opgehoopte teelepel van Gayleen’s Decadence Choc Orange-sjokoladesmeer, plaas fyngekapte dadels of rosyne in die middel van die smeer en rol met die hand in ’n bolletjie totdat die dadels of rosyne mooi bedek is.
  2. Bedek truffels onmiddellik nadat dit gevorm is met fyngekapte amandels totdat die hele truffel eweredig bedek is. Dit kan gedoen word deur die fyngekapte amandels in ’n klein bakkie te gooi en die truffel daarin te rol.
  3. Versier met eetbare koekversiering.
  4. Plaas in ’n lugdigte houer in die yskas vir minstens ’n dag om die truffel kans te gee om behoorlik te set.
  5. Sit truffels voor en geniet dit!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.