Soorte resepte:

Resep: Donkersjokolade -en-lemoen mousse

Foto: Leserskring spogresepte

Foto: Leserskring spogresepte

Carolyn Trollope, Rynfield
Lewer 4 porsies

Bestanddele:

Sjokolademousse

  • 180 g donkersjokolade, grof gekap
  • 125 ml dik, vars room
  • 1 eier, geskei
  • 30 ml strooisuiker

Lemoenmousse

  • 125 ml dik, vars room
  • 30 ml strooisuiker
  • skil van 1 lemoen
  • 60 ml lemoensap
  • 2 eierwitte

Metode:

Sjokolademousse

  1. Meng die donkersjokolade en room in ‘n kastrol en verhit, maar moenie laat kook nie.
  2. Roer tot glad.
  3. Verwyder van hitte en klits die eiergeel by. Giet in ‘n mediumgroot bak en hou eenkant.
  4. Klits die eierwit en strooisuiker in ‘n klein bak met ‘n elektriese klitser totdat die suiker opgelos is.
  5. Vou die eierwitmengsel liggies in die sjokolademengsel in. Plaas vir ten minste 3 ure in die yskas.

Lemoenmousse

  1. Klits die room, strooisuiker en die helfte van die lemoenskil in ‘n groot bak totdat dit begin verdik.
  2. Voeg die lemoensap by en klits totdat dit ietwat dikker is.
  3. Klits die eierwitte in ‘n mediumgroot bak totdat dit sagte punte vorm.
  4. Vou dit in die lemoenmengsel in.
  5. Gebruik 4 mooi glase en plaas die sjokolade- en lemoenmousse in lae daarin.
  6. Begin in met die sjokalademousse.  Rond af met ekstra lemoenskil.

Bron: Leserskring spogresepte
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.