Soorte resepte:

[Resep] Eierbrood-rolletjies met Nutella©

Foto: cinnamonspiceandeverythingnice.com

Eierbrood-rolletjies met Nutella© Foto: cinnamonspiceandeverythingnice.com

Aangesien dit vandag Wêreld-Nutella dag is, het ons besluit om ʼn lekker resep te laai met dié heerlike smeer. Hierdie gereg is perfek vir luilekker Saterdae. Die resep maak 8 rolletjies.

Bestanddele:

  • 8 snye witbrood
  • Nutella©
  • 2 eiers
  • 45 ml melk
  • ⅓ k suiker
  • 1 opgehoopde teelepel kaneel
  • botter vir die pan
  • stroop vir die tafel

Metode:

  1. Sny die korsies van die broodjies af en rol die snye plat met ʼn koekroller.
  2. Smeer ʼn lepel Nutella© aan die een kant van die brood. Rol die brood op.
  3. Klits die eiers en melk in ʼn vlak skottel tot goed gemeng.
  4. Gebruik ʼn aparte bak om die suiker en kaneel te meng.
  5. Smelt ʼn eetlepel botter in ʼn pan oor medium hitte.
  6. Doop die broodrolletjies in die eiermengsel en plaas dit in die pan (die rolletjie se naat moet onder lê). Braai die rolletjie tot goudbruin aan alle kante. Voeg botter by die pan soos nodig.
  7. Rol die gebraaide rolletjies in die kaneel en suiker mengsel.
  8. Gooi stroop en geniet!

Bron: Cinnamon spice & everything nice

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SNEL ·

Kiloujoule-bomme as jy my vra, maar resep lyk heerlik, glad nie bedoel vir een wat gewig wil verloor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.