Soorte resepte:

Resep: Feestelike jelliering

Feestelike jelliering (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie jelliering is maklik om te maak en perfek vir Kersfees.
10 porsies

Bestanddele

  • 1 x 80 g pakkie framboosjellie
  • 1 x 80g pakkie groenpruimjellie
  • 1 x 80 g pakkie pynappeljellie
  • 1 x 290 g blikkie nagereg-room
  • 500 ml vanieljevla
  • vars aarbeie, kiwivrugte of enige ander vars vrugte

Metode

  1. Maak die framboos- en groenpruimjellie volgens die aanwysings op die verpakking aan.
  2. Giet die jellie in aparte reghoekige bakke en laat in die yskas stol.
  3. Maak die pynappeljellie aan met 1 koppie kookwater en laat eenkant om effens af te koel (nie in die yskas nie).
  4. Verwyder die framboos- en groenpruimjellie uit die yskas en sny in 1-cm-blokkies.
  5. Rangskik die jellieblokkies in ʼn jellieringvorm.
  6. Meng die room met die pynappeljellie en giet dit oor die jellieblokkies in die jellieringvorm. Laat dit in die yskas stol.
  7. Keer die jelliering uit op ʼn koekstander sodra dit gestol het. Vul die middel van die jeliering met vars vrugte.
  8. Giet die vla oor die jelliering en bedien.

Bron:Kook saam Kaaps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.