Soorte resepte:

Resep: Franse roosterbrood met kaneel

Franse roosterbrood met kaneel (Foto: Lapa-uitgewers)

Jou kinders sal hul lippe behoorlik aflek!
Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 3 groot eiers
  • 10 ml makadamia- of olyfolie
  • 60 ml laevetmelk
  • 2,5 ml fyn kaneel
  • 4 snye lae-Gl-brood
  • 30 ml Nutella
  • 2 klein piesangs
  • 4 groot aarbeie

Metode

  1. Klits die eiers, olie, melk en kaneel saam in ’n vlak bakkie.
  2. Doop ’n sny brood heeltemal in die eiermengsel. Moenie dit te lank daarin laat lê nie.
  3. Plaas ’n enkele sny brood in ’n verhitte wafel- of toebroodjieroosterpan en rooster tot goudbruin. Herhaal met die oorblywende snye brood.
  4. Smeer elke sny met 7,5 ml NuteIla. Sny die piesangs en aarbeie in skyfies en rangskik op die broodjie.
  5. Sit voor as oop- of toebroodjie. Sny in kleiner stukkies sodat dit maklik hanteerbaar is met die vrugtestukkies binne-in.

Variasies:

  1. Meng 15 ml Nutella met 15 ml grondboontjie- of neutbotter. Smeer dit op die Franse roosterbrood en plaas dun vars appelskyfies daarop.
  2. Vervang die kaneel met 2,5 ml gemengde kruie en sit voor met laevetmaaskaas en biltongsprinkels of gebakte bone in tamatiesous.
  3. Sit ook met gerasperde kaas en lae-Gl-konfyt of grondboontjiebotter en peerskywe voor.

Bron: Gesonde Kosblikkie deur Marie Hofmeyr en Janet Wiegard

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melanie ·

Die brood is perfek vir die koel weer. As dit so lekker smaak soos wat dit lyk, sal ek vir mm ‘n foto stuur. ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.