Soorte resepte:

Resep: Gebakte piesangs

Gebakte piesangs (Foto: Lapa-uitgewers)

Piesangs maak ʼn heerlike nagereg!

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 4 groot piesangs
  • 10 ml (2 t) heuning
  • 20 ml ( 4 t) water
  • 5 ml (1 t) suurlemoensap
  • 5 ml (1 t) fyn neutmuskaat
  • ’n handvol gemengde neute, grofgekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak.
  2. Skil die piesangs en rangskik dit in die voorbereide oondbak.
  3. Meng die heuning, water, suurlemoensap, neutmuskaat en neute saam en giet dit oor die piesangs.
  4. Bak vir 30 minute en bedien warm saam met vla.

Bron: Soettand deur Koelsoem Kamalie en Flori Schikker

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.