Soorte resepte:

Resep: Gekookte vla

Foto: Tannie Poppie Kook

Foto: Tannie Poppie Kook

Daar is niks lekkerder as vla saam met ’n warm óf koue poeding nie!

Bestanddele:

  • 500 ml melk
  • 1 perskeblaar
  • 5 eiers, geklits
  • 75 ml suiker
  • knippie sout
  • 15 ml brandewyn
  • 5 ml vanieljegeursel

Metode:

  1. Verhit die melk tot kookpunt.
  2. Voeg die perskeblaar by en haal uit wanneer die smaak daarvan sterk deurkom.
  3. Laat die melk afkoel en roer die eiers in.
  4. Voeg die suiker en sout by.
  5. Gooi in ’n dubbelkoker en roer tot dit dik word – dit moenie kook nie.
  6. Verwyder van die stoof en voeg die brandewyn en vanieljegeursel by.

Tannie Poppie sê:
Voeg ’n paar druppels amandelgeursel by as jy nie ’n perskeblaar het nie.

Bron: Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.