ʼn Vrydag is nie ʼn Vrydag sonder ʼn soetigheidjie nie.
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele
- 75 ml vlapoeier
- 500 ml water
- 250 ml gouestroop
- 15 ml margarien
- 5 ml fyn gemmer
- 400 g (2 pakkies) gemmerkoekies
- room of kunsroom (soos OrleyWhip)
Metode
- Meng die vlapoeier met ʼn bietjie van die water.
- Verhit die res van die water saam met die stroop oor matige hitte tot kookpunt.
- Voeg die vlapoeiermengsel, die margarien en die gemmer by.
- Kook totdat die mengsel dik en helder is.
- Breek die gemmerkoekies in groterige stukke en plaas dit in ʼn tertbak.
- Giet die warm stroopmengsel oor. Verkoel tot gestol.
- Klits die room of kunsroom en versier die tert daarmee.
Bron: Lekker & Vinnig: Yskasterte
Uitgewer: Lapa