Soorte resepte:

Resep: Geroosterde perskes

Geroosterde perskes (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Perske is reeds ʼn lekker ding. Rooster ʼn perske egter volgens dié resep en dit word ʼn meesterstuk!

4 porsies

Bestanddele

  • 6 perskes, gehalveer en pitte verwyder
  • ¼ k (55 g) bruinsuiker
  • 2 e (30 g) Clover Mooi River- botter, in blokkies gesny
  • fyngerasperde skil en sap van 1 lemoen

AFRONDING

  • 3 e ( 45 ml) gevlokte amandels, gerooster
  • 125 ml Clover-room, styf geklits saam met 2 t (10 ml) versiersuiker
  • 1 t (5 ml) lemoenbloeiselwater (opsioneel)

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Plaas die perskehalwes met gesnyde kante na bo in ʼn klein oondbak. Strooi die suiker oor, stip met die botter en strooi die lemoenskil oor.
  3. Giet die lemoensap oor die perskes en bak vir 15 tot 20 minute of tot die perskes sag is.
  4. Strooi die amandels oor die perskes en sit met geklitste room voor.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hazeldean ·

Lyk heerlik maar perskes is mos ‘n SOMER vrug mense…. Plaas lekker winterpoedings!

Mien ·

Winterpoeding. Japie se gunsteling in die Kook en Geniet. Baie lekker en maklik om te maak, as jy van lemoene hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.