Een van Maroela Media se lesers, Heila Brits, het dié heerlike resep ingestuur.
Bestanddele:
1 pakkie suurlemoen- of grenadellajellie
200 ml (¼ k) kookwater
200 ml (¼ k) koue water
sap van drie grenadellas of 1 blikkie pulp
1 klein (210 g) gekondenseerde melk
Metode:
1. Los die jellie op in die kookwater. Voeg koue water by en laat afkoel tot dit net begin stol.
2. Voeg die res van die bestanddele by en meng baie goed.
3. Giet in ‘n 600 ml-vorm of in ‘n tertdop en laat stol in die yskas.
4. Kan met geklopte room versier word indien verkies.