Soorte resepte:

[Resep] Grenadella-yskastert

Foto: Lekker en Vinnig

Grenadella-yskastert. Foto: Lekker en Vinnig

As jy op ʼn dieet is, moet jy liefs verbyhou. Of jy kan volgende Maandag weer probeer…

Lewer 8-10 porsies

Bestanddele:

  • 200 g (1 pak) brosbroodbeskuitjies
  • 80 g (1 pakkie) suurlemoenjellie
  • 250 ml kookwater
  • 397 g (1 blik) kondensmelk
  • 220 g (2 blikkies) grenadellamoes
  • 250 ml room, styfgeklits

Metode:

  1. Voer ʼn gesmeerde tertbord uit met die helfte van die beskuitjies.
  2. Meng die jelliepoeier en kookwater en roer totdat die jelliepoeier opgelos is. Laat effens afkoel.
  3. Roer die kondensmelk en grenadellamoes by en meng goed.
  4. Skep die helfte van die vulsel versigtig op die beskuitjies.
  5. Pak weer ʼn laag beskuitjies en skep die res van die vulsel bo-op.
  6. Verkoel ongeveer 2 uur tot gestol.
  7. Skep of spuit die room oor voor opdiening.

Bron: Lekker en Vinnig: Blikkies en Pakkies
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Smul sonder sukkel, Olga Wall.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Delia ·

Die beskuitjies is te dun vir eat sum more, stem saam met bosbok dat dit dalk eerder tennis beskuitjies is. Wens hulle wil spesifieke name gee….dit be-invloed die smaak.

Xander ·

Is brosbrood shortbread want dan is dit “eat sum mor”? Of dalk digestive biscuits? Ek wil hierdie resep graag gebruik maar het nie afr/eng woordeboek by my nie dankie.

SNEL ·

Ja, brosbrood is shortbread. Ek glo eat sum mor sal ook werk, dis mos baie dieselfde as shortbread.

nic ·

Nee, jy kan nie “eet some more” gebruik nie. Die beskuitjies is te dik. Mens gebruik tennis beskuitjies, dit is ook brosbeskuitjies.

nic ·

Oscar saak nou n rasse saak Gerrie kan nie aanvaar dat n regverdige swart vroue regter him ore aansit nie nou haal hy dit op Oscar uit.

Jo Jacobs ·

Die reseppie lyk regtig heerlik. Beslis Tennisbeskuitjies.

Marietjie ·

Ek stem ook vir tennisbeskuitjies… sal definitief beter werk, veral omdat daar 2 lae is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.