Soorte resepte:

[Resep] Heerlike en maklike roomys

Foto: Pixabay.com

Heerlike en maklike roomys. Foto: Pixabay.com

Een van Maroela Media se lesers, Helene Burger, deel een van haar gunstelingresepte. Sy het dié resep by haar skoonsus gekry.

“Vervang die room deur Orley Whip met die blou etiket. Dan is dit nie so ryk nie, maar jy kry nog dieselfde effek. Jare gelede het ʼn mens dit mos in dosies met koevertjies gekry, maar hier by ons kry jy dit deesdae in 250 ml-formaat en in wit plastiekbotteltjies. Gebruik dan 2 x 250 ml,” sê Helene.

Lewer ongeveer 2 liter roomys.

Bestanddele:

  • 500 ml room
  • 2 eiers
  • 1 blik kondensmelk

Metode:

  1. Klits 500 ml room tot styf.
  2. Meng 2 eiergele met die blik kondensmelk.
  3. Meng die room, eiergele en kondensmelk saam.
  4. Klits eierwitte tot styf en meng eers ʼn klein bietjie van die eierwitte in die mengsel en vou dan die orige mengsel by.
  5. Bevries en gebruik soos benodig. Gebruik ook enige vrugte, karamel of sjokolade in roomys vir variasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Asjas ·

Donkie jare terug toe ek nog jonk en atleties was het ons rou eiers, melk, suiker en pronutro saam gedrink voor ‘n langafstande wedloop. Rou eiers is ook goed vir honde se kondisie.
Ek twyfel of rou eiers sleg is vir jou maar weet nie so mooi van vandag se massa produksie nie?

Chris ·

Jammer, maar nie vir my nie. Daai rou eiers in daai roomys? Ek gebruik ook 2 Orley Whip en 1 klein houertjie room saam met 1 kondensmelk en gooi dan ‘n bietjie geursel soos vanielje of karamel ens. by. jy kan enigiets lekkers daarby gooi en dit dan vries.

Merchell ·

Ek het dit gemaak en is heerlik en romerig. Ek gee nie om vir die rou eier nie. Ook baie jare terug milkshake tipe mengeldrankies gemaak met rou eiers in en nooit Salmonella opgetel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.