Soorte resepte:

[Resep] Japtrapklapperys

Klapperys

Lekker en Vinnig: Lekkers

(Uit: Smul sonder sukkel deur Olga Wall)

Lewer 24 porsies

Bestanddele:

  • 385 g (1 blik) kondensmelk
  • 500 g (1 pakkie) versiersuiker
  • 400 g (2 pakkies) fyn klapper
  • 2 ml pienk voedselkleursel

Metode:

  1. Meng al die bestanddele vir die klapperys, behalwe die voedselkleursel, goed.
  2. Verdeel die mengsel in twee en meng ʼn paar druppels voedselkleursel by die een helfte.
  3. Meng baie goed totdat die kleur egalig is.
  4. Druk die wit helfte van die mengsel goed vas in ʼn gesmeerde vierkantige bak.
  5. Druk die gekleurde helfte van die klapperys bo-op vas en verkoel ± 30 minute.
  6. Sny die klapperys in blokkies en lig versigtig uit die bak.

Bron: Lekker en Vinnig – Lekkers
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.