Soorte resepte:

Resep: Jogurt-en-aarbeitert

Jogurt-en-aarbeitert (Foto: Lapa-uitgewers)

Daar is min dinge so lekker soos ʼn yskastert om die week mee te begin!

Lewer 1 tert

Bestanddele:

KORS

  • 200 g (1 pak) Tennisbeskuitjies
  • 60 ml (4 e) botter, gesmelt

VULSEL

  • 30 ml (2 e) gelatien
  • 187 ml (¾ k) kookwater
  • 500 ml (2 k) aarbeijogurt
  • 250 ml (1 k) room
  • 60 ml (4 e) strooisuiker
  • bietjie aarbeigeursel
  • 250 g (1 pakkie) vars aarbeie

Metode:

KORS

  1. Kap Tennisbeskuitjies in voedselverwerker fyn.
  2. Roer botter by tot gemeng. Druk koekiekrummels in ʼn langwerpige tertbord of ʼn tertbord met 22 cm-deursnee, of langwerpige quiche-pan van 12 cm x 38 cm vas.

VULSEL

  1. Spons gelatien in kookwater en laat eenkant tot afgekoel.
  2. Roer jogurt Plaas gelatienmengsel in vrieskas tot dit net wil begin stol.
  3. Klits room saam met suiker en geursel styf.
  4. Roer by gelatienmengsel en skep in tertkors.
  5. Plaas tert in yskas om te stol.
  6. Versier tert met vars aarbeie soos

Bron: Vinnig en maklik. Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewers: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.