Soorte resepte:

[Resep] Karamel en grondboontjie-yskastert

Foto: Lekker en Vinnig

Karamel en grondboontjie-yskastert. Foto: Lekker en Vinnig

Lewer 12 porsies

Bestanddele:

Kors

  • 200 g (1 pak) Tennisbeskuitjies, fyngemaak
  • 50 g ( ½ pakkie) kasjoeneute, fyngekap
  • 100 g botter, gesmelt

Vulsel

  • 250 g (1 bakkie) laevetroomkaas
  • 250 ml strooisuiker
  • 312 ml gladde grondboontjiebotter
  • 250ml melk
  • 20 ml gelatienpoeier
  • 60 ml water
  • 250ml room

Kasjoeneutfudgesous

  • 60 ml room
  • 1 groot blok fudge, grofgekap
  • 50 g ( ½ pakkie) kasjoeneute, grofgekap

Metode:

Kors

  1. Spuit ‘n 22 cm-tertbord of -Iosboomkoekpan met kossproei.
  2. Meng die fyngemaakte koekies en die fyngekapte kasjoeneute. Roer die botter by en meng goed.
  3. Druk die koekiemengsel op die bodem van die tertbord of losboomkoekpan vas.

Vulsel

  1. Meng die roomkaas, strooisuiker en grondboontjiebotter. Roer die melk by tot goed gemeng.
  2. Strooi die gelatien oor die water en laat dit staan tot sponserig. Verhit dit ‘n paar sekondes lank in die mikrogolfoond tot net helder. Dit moenie kook nie.
  3. Voeg die gelatien geleidelik by die roomkaasmengsel en meng goed.
  4. Klits die room styf en vou dit by die roomkaasmengsel in.
  5. Skep die vulsel in die tertkors en plaas dit in die yskas om te stol.

Sous

  1. Verhit die 60 ml room en die fudge oor lae hitte in ‘n kastrol tot gesmelt. Roer gereeld. Roer die neute by en laat afkoel. Sit die sous saam met die tert voor.

Bron: Lekker en Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vinnig en Maklik Resepte uit Vrouekeur 1, Marlo Carstens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.