Soorte resepte:

Resep: Karamel-yskastert

Karamel-yskastert (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié heerlike, soet tert is perfek vir die langnaweek!

Lewer een groot tert of ses klein tertjies

Bestanddele

KORS

  • knippie fyn kaneel
  • 200 g (1 pak) Nutti Crust-koekies, fyngemaak
  • 60 ml botter, gesmelt

VULSEL

  • 80 g (1 pakkie) suurlemoenjellie
  • 250 ml kookwater
  • 5 ml gelatienpoeier
  • 187 ml ingedampte melk, verkoel
  • 360 g (1 blikkie) karamelkondensmelk

Metode

KORS

  1. Roer die kaneel by die fyngemaakte koekies.
  2. Meng die botter by die koekiemengsel en druk op die bodem en kante van ’n gesmeerde tertbord met ’n 26 cm­deursnee of middelslag quiche-pannetjies vas.

VULSEL

  1. Los die jelliepoeier in kookwater op. Roer die gelatien by en laat eenkant om af te koel, maar dit moenie stol nie.
  2. Klits die ingedampte melk styf.
  3. Klits die kondensmelk en jellie by die ingedampte melk. Plaas die mengsel vir 5 minute in die yskas om effens te stol.
  4. Skep die vulsel in die tertkors en plaas in die yskas tot gestol. Versier soos verkies.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alta de Villiers ·

Dis n ou resep wat ek al probeer het. Eindelik geen smaak nie. Jammer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.