Dié heerlike, soet tert is perfek vir die langnaweek!
Lewer een groot tert of ses klein tertjies
Bestanddele
KORS
- knippie fyn kaneel
- 200 g (1 pak) Nutti Crust-koekies, fyngemaak
- 60 ml botter, gesmelt
VULSEL
- 80 g (1 pakkie) suurlemoenjellie
- 250 ml kookwater
- 5 ml gelatienpoeier
- 187 ml ingedampte melk, verkoel
- 360 g (1 blikkie) karamelkondensmelk
Metode
KORS
- Roer die kaneel by die fyngemaakte koekies.
- Meng die botter by die koekiemengsel en druk op die bodem en kante van ’n gesmeerde tertbord met ’n 26 cmdeursnee of middelslag quiche-pannetjies vas.
VULSEL
- Los die jelliepoeier in kookwater op. Roer die gelatien by en laat eenkant om af te koel, maar dit moenie stol nie.
- Klits die ingedampte melk styf.
- Klits die kondensmelk en jellie by die ingedampte melk. Plaas die mengsel vir 5 minute in die yskas om effens te stol.
- Skep die vulsel in die tertkors en plaas in die yskas tot gestol. Versier soos verkies.
Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3
Uitgewers: Lapa
Dis n ou resep wat ek al probeer het. Eindelik geen smaak nie. Jammer