Soorte resepte:

[Resep] Karamelroomys vir grootmense

Roomys vir grootmense (Foto: Maklike maaltye uit Nina se kombuis)

Roomys vir grootmense (Foto: Maklike maaltye uit Nina se kombuis)

Kyk, die somer is hier met mening en dit kóók behoorlik. Terwyl jy en jou gesin die naweek in die swembad rondbaljaar, kan iemand dié maklike roomys sommer blitsvinnig aanmekaarslaan om die grootmense mee te lawe. Jy benodig ook nie ʼn roomysmasjien nie, jy maak dit sommer een, twee, drie!

Bestanddele

  • 600 ml vars room
  • 1 x 380 g-blik Nestlé Caramel Treat
  • 40 ml Amarula- of Cape Velvet-likeur
  • 125 ml gekrummelde karamelfudge

Metode

  1. Klits die room tot dit styf, maar nog steeds sag en loperig is.
  2. Klits die Nestlé Caramel Treat een eetlepel op ʼn slag by.
  3. Voeg die likeur (van jou smaak) en die gekrummelde fudge by en meng goed.
  4. Skep die mengsel in ʼn plastiekbak en plaas oornag in die vrieskas.
  5. Dien op wanneer dit na wense gevries is.

Bron: Maklike maaltye uit Nina se kombuis

Uitgewer: Struik Lifestyle

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.