Soorte resepte:

Resep: Karameltoffies

Karameltoffies (Foto: Lapa-uitgewers)

Bederf jouself die naweek!

Genoeg vir 16 tot 20

Bestanddele:

½ k (115 g) Clover Mooi River-botter

1 x 385 g-blik Clover-kondensmelk

2 e (30 ml) stroop

¾ k (150 g) sagte bruinsuiker

½ t (2 ml) growwe seesout

Metode:

Voer ’n 18 cm vierkantige koekpan met aluminiumfoelie uit.

Verhit al die bestanddele saam oor lae hitte in ’n swaarboomkastrol, totdat die suiker gesmelt is.

Verhoog die hitte tot matig-warm en laat die mengsel kook. Klits aanhoudend met ’n draadklitser totdat dit dik en karamelkleurig is.

Giet in die pan en laat 15 minute staan.

Gebruik ’n bottergesmeerde mes om die toffie in vierkante te sny. Verkoel 1 uur en verwyder uit die pan.

Resep: Trooskos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.