Ietsie lekkers vir die week wat voorlê. ʼn Mens kort soms ʼn bietjie ekstra energie …
Lewer 16-20 porsies
Bestanddele:
- 115 g botter
- 385 g (1 blik) kondensmelk
- 30 ml gouestroop
- 150 g sagte bruinsuiker
- 2 ml growwe seesout
Metode:
- Voer ʼn 18 cm vierkantige koekpan met aluminiumfoelie uit.
- Verhit al die bestanddele saam oor lae hitte in ʼn swaarboomkastrol, totdat die suiker gesmelt is.
- Verhoog die hitte tot matig-warm en laat die mengsel kook.
- Klits aanhoudend met ʼn draadklitser totdat dit dik en karamelkleurig is.
- Giet in die pan en laat 15 minute staan.
- Gebruik ʼn bottergesmeerde mes om die toffie in vierkante te sny.
- Verkoel 1 uur en verwyder uit die pan.
Bron: Lekker en Vinnig – Lekkers
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Trooskos, Clover SA.