Soorte resepte:

[Resep] Kersie-sillabub

Foto: Koskas Kos

Kersie-sillabub. Foto: Koskas Kos

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 1 blik (425 g) swart kersies
  • 30 ml wodka
  • 2 eierwitte
  • 75 g strooisuiker
  • 30 ml suurlemoensap
  • 150 ml muskadel
  • 300 ml dik room

Metode:

  1. Dreineer die kersies en indien dit nie ontpit is nie, verwyder die pitte.
  2. Kap die kersies kleiner en verdeel dit tussen 4 groot glase (wynglase kan ook gebruik word) en drup die wodka oor.
  3. Klits die eierwitte tot stywepuntstadium en vou die suiker, suurlemoensap en muskadel daarby in.
  4. Klits die room liggies in ʼn aparte mengbak en vou dan die eierwitmengsel daarby in.
  5. Skep die mengsel oor die kersies en verkoel oornag.

Bron: Koskas Kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ponado ·

Klink vir my na ‘n kopseer vir die res van die langnaweek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.