Soorte resepte:

Resep: Keto-klapperstafies

Keto-klapperstafies (Foto: Verskaf)

Hierdie happies is ʼn maklike keto-vriendelike weergawe van die klassieke klapperys of fudge. Dit is ideaal vir ʼn teetydhappie of ʼn kinder- of grootmenspartytjie, maar jy kan dit eintlik vir enige geleentheid maak.

Lewer 8-10 stafies

Bestanddele

  • 50 g botter
  • 3 e amandelbotter
  • ½ k eritritol
  • 2 e kakao
  • 80 g klapper
  • 40 g amandels, gekap

Metode

  1. Smelt die botter in ʼn pot oor matige hitte.
  2. Roer die amandelbotter by totdat dit goed met die botter gemeng het.
  3. Voeg die eritritol by en roer totdat alles deeglik saamgesmelt het.
  4. Voeg die kakao, klapper en gekapte neute by en meng alles goed saam.
  5. Verwyder van die hitte en verkoel vir vyf minute in die yskas.
  6. Plaas ʼn laag bakpapier op ’n bakplaat.
  7. Skep die mengsel op ’n bakplaat met ’n silikoonvel of bakpapier wat gespuit is. Maak ʼn blokvorm wat ongeveer 2 cm dik en so 10 x 10 cm groot is.
  8. Verkoel vir minstens 30 minute in die yskas.
  9. Sny die blok in ongeveer vyf langwerpige stafies en geniet.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Max ·

Is dit die regte foto by die resep? As dit is, hoe het dit gebeur dat 2 lepels kakao nie wys nie – die stafies behoort seker darem donker te wees.

Caroline ·

Wat is die korrekte hoeveelheid van die amandelbotter? Daar staan net 3

Anja van der Merwe ·

Dagsê lesers,

Dankie vir julle navraag. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit moet 3 eetlepels amandelbotter wees. Die berig is reeds gewysig.

Lekker bak!

Groetnis
Anja
nms
Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.