Soorte resepte:

Resep: Kiwi-melklollies

Kiwi-melklollies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié lollies is yskoud en perfek vir die somervakansie.
Lewer 4-6 porsies

Bestanddele

  • ¼ k (80 ml) Clover Krush- tropiese sap
  • 3 ryp kiwivrugte, geskil en fyn gekap
  • ½ blik (195 ml) Clover-kondensmelk
  • ½ k (125 ml) Clover UHT 2%-laevetmelk
  • ½ t (2 ml) groen voedselkleursel (opsioneel)

Metode

  1. Meng die sap en kiwivrugte in ʼn pan en verhit stadig tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 5 tot 6 minute of tot die vrugte sag is. Laat eenkant om af te koel.
  2. Roer die res van die bestanddele deur die vrugte en verpulp in ʼn voedselverwerker tot heeltemal glad. Giet die mengsel deur ʼn sif indien verkies.
  3. Vul yslollie­vorms met die mengsel en bevries tot hard. Haal die lollies uit die vorms en sit dadelik voor.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.