ʼn Lekker bederf vir die naweek!
Lewer 25 blokkies
Bestanddele:
- 385g (1 blikkie) kondensmelk
- 500g versiersuiker
- 5ml suurlemoensap
- 5ml vanieljegeursel
- 400g fyn klapper
Metode:
- Meng die kondensmelk, versiersuiker, sap, geursel en klapper.
- Skep dit in ʼn gesmeerde pan van 20 x 20 cm.
- Versprei die mengsel egalig in die pan en druk vas.
- Sny dit in blokkies van ongeveer 4 x 4 cm.
Variasie:
Die mengsel kan in die helfte verdeel word. Druk een deel in die pan vas. Voeg ʼn druppel rooi of groen kleursel by die ander deel en druk dit bo-op die wit laag vas. Die hele mengsel kan ook gekleur word.
Wenk:
In warm weer is dit wenslik om die klapperys eerder in die koelkas te bêre, maar dit hou goed in die werk- en skoolkosblik.
- Bron: Uitpakkos
- Uitgewer: Lapa