Wat is dan lekkerder as ʼn stroperige koeksister?
Maak ongeveer 36 koeksisters
Bestanddele
STROOP
- 2,5 kg suiker
- 1,750 liter (7 k) water
- 5 ml (1 t) kremetart (cream of tartar)
- 5 ml (1 t) wynsteensuur (tartaric acid)
DEEG
- 750 ml (3 k) koekmeel
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- knippie sout
- 25 ml (5 t) CLOVER Farmstyle-botter
- 2 eiers
- 125 ml (½ k) CLOVER-volroommelk
- 125 ml (½ k) water
- 1 liter olie vir diepvetbraai
Metode
STROOP
- Gooi die suiker en water saam in ’n groot genoeg kastrol. Verhit oor mediumhitte tot die suiker opgelos is. Roer gereeld.
- Wanneer die suiker heeltemal opgelos is en goed warm is, kan die kremetart en wynsteen suur bygeroer word.
- Laat kook die stroop vir 7 minute. Roer af en toe.
- Haal die kastrol van die stoofplaat af en laat oornag afkoel.
DEEG
- Roer die koekmeel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak.
- Vryf die botter by die meel in totdat dit soos broodkrummels lyk.
- Klits die eiers, melk en water saam tot goed gemeng.
- Roer die melkmengsel by die meelmengsel tot ’n deeg vorm; dit kan nodig wees om bietjie water by die deeg te voeg.
- Sprinkel ekstra meel op ’n werksoppervlak en knie die deeg vir 10 minute.
- Bedek die deeg met kleefplastiek en laat rus vir 3 ure.
- Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot 5 mm dik.
- Sny die deeg in 5 mm dik stroke. Sny die stroke deeg 8 cm lank
- Vou die deegstroke in die helfte en druk die punte bymekaar. Draai die deegstrook sodat dit soos ’n vlegsel lyk.
- Verhit genoeg olie in ’n swaarboomkastrol tot goed warm.
- Braai die koeksisters tot goudbruin in die olie.
- Haal die koeksisters uit en plaas net vinnig op kombuispapier om van die oortollige olie te absorbeer.
- Doop die koeksisters in die stroop terwyl die koeksisters nog warm is.
- Haal die koeksisters uit en plaas op ’n afkoelrakkie sodat die oortollige stroop kan afdrup.
- Bêre die koeksisters in ʼn lugdigte houer wanneer dit goed afgekoel het.
Bron: Onthoukos
Uitgewers: Lapa